Jy kan die mousse ook in ’n broodpan vries.

Genoeg vir 14

• 200 g 70%-donkersjokolade

• 45 ml kanola-olie

• 4 eierwitte

• 20 g versoeter (Canderel Yellow)

• 5 ml vanieljegeursel

• 130 g (250 ml) bevrore frambose

• 1 x 100 g-sakkie gevlokte amandels

• kakao vir oorsif

• 125 g bloubessies

• 2 groenappels, in dun skywe gesny

Smelt sjokolade en olie saam oor pot met kookwater. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi versoeter geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Klits geursel by. Roer twee lepels van die meringue by die louwarm sjokolade in. Vou res van mengsel versigtig in. Vou frambose en neute by. Gooi mengsel in vorm van jou keuse met volume van 750 ml. Plaas in vrieskas en vries 3 – 4 uur of tot hard. Doop vorm vinnig in kookwater en keer mousse uit. Sif kakao oor. Sit voor met bloubessies en groenappel.