Ek het nie eens ’n koekieuitdrukker gebruik om die botterbroodjies uit te druk nie, so eenvoudig is hierdie resep.

6 botterbroodjies

• 100 g gesnyde beesbiltong

• 240 g (430 ml) bruismeel

• 1 ml sout

• 1 eier

• 150 ml melk

• 25 ml sonneblomolie

• 1 geklitste eier

Verhit oond tot 180 °C. Kap biltong fyner met ’n baie skerp mes. Sif meel en sout saam in ’n mengbak. Voeg gekapte biltong by en meng goed deur. Klits eier, melk en olie saam in ’n bakkie. Maak ’n holte in die middel van meel en voeg geklitste eiermengsel by. Meng goed deur tot ’n deeg vorm. Plaas deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en druk plat tot sowat 3 cm dik. Sny in 6 blokke en plaas op ’n gesmeerde bakplaat of oondbakkie. Smeer geklitste eier bo-op elke botterbroodjie. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute tot gaar. Haal uit en sit warm voor met botter