Bloubessies word dikwels in muffins of as versiering gebruik. Dis heerlik en verfrissend in 'n ysstokkie.

(sowat 8 ysstokkies)

  •  200 g vars bloubessies
  • 250 ml bloubessiesap

Plaas bloubessies in ’n mengbak. Druk met vurk tot net gebars. Voeg sap by en meng. Gooi versigtig in ysstokkie-vorms met volume van 75 ml elk. Maak toe met kleefplastiek en plaas in vrieskas tot hard gevries – sowat 8 uur.