(2 ronde kaaskoekterte van 23 cm elk)

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik volledige korsresep en voer twee losboomquiche-panne van 23 cm elk uit.(romerige gebakte kaaskoek)

Vulsel: Gebruik die gehalveerde resep.

Jy't ook 350 g brame nodig. Plaas helfte van brame en 30 ml strooisuiker in voedselverwerker. Kap fyn. Hou orige brame in vrieskas om mee te versier. Gebruik gehalveerde vulselresep(kaaskoekterte) en voeg fyngemaakte brame by helfte daarvan. (Jy het dus nou 2 vulsels.) Skep eers van die vulsel sonder die brame in die tertdoppe, dan die braamvulsel bo-op dit. Bak vir 15 minute. Draai temperatuur af na 120 °C en bak vir nog 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Versier met brame.