'n Perfekte TV-happie.

(6 bretzels)

• 375 ml louwarm water

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis

• 10 ml sout

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 45 ml koeksoda

• growwe seesout

Plaas water, gis en sout in middelslag-mengbak. Voeg genoeg meel by om stywe deeg te vorm. Knie so 5 – 8 minute of tot deeg glad is. Plaas in skoon bak wat liggies met olyfolie gesmeer is. Draai toe met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, 30 – 40 minute. Verhit oond tot 220 °C. Verdeel deeg in 6. Rol met handpalms op meel-bestrooide oppervlak om 6 dun worse van sowat 40 cm lank te vorm. Maak bretzels volgens aanwysings in illustrasie hierby. Laat rys op meelbestrooide bakplaat tot dubbel in volume. Terwyl deeg rys, bring groot pot met water tot kookpunt en voeg koeksoda by. Dompel elke gerysde bretzel in water en posjeer vir 3 minute. Skep uit en plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Sprinkel growwe sout oor. Bak 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor met bier.

 Vorm Bretzel So

Vorm bretzel só

1. Maak u-vorm met lang deegwors.

2. Kruis die twee punte van die u sowat 1/3 van onder af.

3. Draai die deeg een keer in die rondte op die kruisplek.

4. Vou die boonste ronde rand na onder sodat dit op die twee los punte lê. druk stewig vas.