genoeg vir 1 groot brood

  • 250 ml houtskaafsels
  • 500 g (890 ml) broodmeel
  • 350 ml louwarm water
  • 10 g kitsgis
  • 10 g sout
  • 30 ml heuning
  • 45 ml olyfolie
  • 250 g-pakkie spek, fyngekap
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Rook meel Voer onderkant van pot uit met foelie en sprinkel houtskaafsels bo-op. Plaas afkoelrakkie op skaafsels. Gooi meel in mengbak wat in pot sal pas en sit dit op afkoelrakkie. Sit deksel op pot sodat alles dig seël en plaas pot op matige hitte tot rook by deksel begin uittrek. Verwyder pot van plaat en laat rook vir 40 minute. Moenie die pot  voor die tyd oopmaak nie.

Maak brood Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, gis, sout, heuning en olyfolie in menger se mengbak. Voeg 2/3 van gerookte meel by en meng met deeghaak op matige spoed. Gooi laaste ? van meel geleidelik by en meng tot ’n stywe, kniebare deeg. Verhoog mengerspoed en knie vir 8 – 10 minute of tot ’n elastiese, gladde mengsel. Voeg spek by en meng deur. Plaas deeg in groot bak wat met sonneblomolie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek vir 30 – 40 minute of tot dubbel die volume. Knie af. Herhaal proses drie keer. Vorm deeg in groot ronde bal en plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume. Sprinkel parmesaankaas oor en bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin en bros.