Gebruik gerus croissants wat ’n dag of wat oud is.

6 PORSIES

• 6 croissants

• 90 ml aarbeikonfyt (sien bl. 72)

• 3 eiers

• 500 ml melk

• 30 ml botter

Plaas ’n croissant vir elke persoon in ’n individuele bakkie – of gebruik een groot

bak. Maak sowat 3 snye bo in elke croissant en skep ’n bietjie konfyt daarin. Klits die

eiers en melk saam. Verdeel die mengsel tussen die bakkies en stip dan ’n bietjie botter bo-op. Plaas die bakkies in ’n warm oond teen 180° C vir sowat 30 – 35 minute.