1 x 14- of 16 cm-quiche

(4 porsies)

  • 1 x gebakte quiche-basis van 14 cm (sien foto vir grootte) (basiese deegresep)
  • 30 ml botter
  • 2 groot preie (leeks), in dun skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g camembert-kaas, in skywe gesny
  • 100 g gevulde groen olywe, gedreineer
  • 2 eiers
  • 300 ml room

Verhit oond tot 180 ºC. Smelt botter in pan. Braai preie en knoffel tot sag. Geur met sout en peper. Vul die gebakte deegbasis met die gebraaide preie. Rangskik kaas en olywe bo-op. Klits eiers en room saam en geur met sout en peper. Gooi oor vulsel en sit pan op 'n bakplaat. Sit in warm oond en bak vir 25 - 30 minute tot vulsel gestol is.