Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• 125 g camembertkaas, in skywe gesny

• 9 pikantrissies

• 9 gevulde groen olywe

• sout en varsgemaalde swartpeper

• olyfolie om oor te sprinkel

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizzabasis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella op. Rangskik camembert, rissies en olywe bo-op. Geur met sout en peper. Sprinkel olie oor en sit in oond. Bak 10 – 12 minute.