Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g mozzarella-kaas, in skywe gesny

• 5 groot rosa-tamaties, in skywe gesny

• 11 – 12 vars basiliekruidblare

• sout en varsgemaalde swartpeper

• olyfolie om oor te sprinkel

Verhit oond tot 230 °C. Plaas die pizzabasis op ’n bakplaat. Rangskik die

mozzarella-kaas, tamaties en basiliekruid op die basis. Geur met sout en peper en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en sit warm voor.