Dis ’n tipies Italiaanse koek van verskillende lae roomys, elk ’n ander geur. Gewoonlik bevat dit gemengde droëvrugte. Ek maak my weergawe met 3 van my gunsteling-bestanddele.

Genoeg vir 10 – 12

• 100 g pistasieneute

• 100 g 70%-donkersjokolade

• 80 g amaretti-koekies, fyngekap

• fyngerasperde skil van 1 lemoen

• 2 liter vanieljeroomys

Stap 1. Kap neute, sjokolade en koekies afsonderlik fyn. Meng sjokolade en lemoenskil.

Cassata stap 1 Stap 1

Stap 2. Voer ’n broodpan met ’n volume van 1½ liter uit met kleefplastiek. Haal roomys uit vrieskas. Laat staan ’n paar minute. Verdeel roomys in 4 gelyke dele. Gebruik 3 dele en sit laaste deel terug in vrieskas om later te eet. Meng sjokolade-lemoenskil- mengsel deur een deel van roomys. Die roomys moenie gesmelt wees nie, maar wel roerbaar. Skep sjokoladelaag onderin uitgevoerde broodpan.

stap 2 Stap 2

Stap 3. Meng pistasieneute met nog ’n deel van die roomys en skep bo-op sjokoladelaag.

stap 3 Stap 3

Stap 4. Meng die koekies met die derde deel en skep bo-op neutelaag. Maak broodpan toe met kleefplastiek en plaas in vrieskas. Laat oornag vries tot hard. Keer uit en verwyder kleef.

stap 4 Stap 4