Tradisioneel word choux-poffers met vla gevul. Myne het vanieljeroomys in en met die sous daarby maak dit ’n baie lekker nagereg.

14 choux-poffers

• 250 ml water

• 100 g (110 ml) botter, in blokkies gesny

• 130 g (235 ml) koekmeel

• 1 ml sout

• 4 groot eiers

• vanieljeroomys om poffers te vul

Sjokolade-nougatsous

• 110 g nougat, in blokke gesny

• 125 ml room

• 180 g melksjokolade

Stap 1. Plaas oondrak in middel van oond. Verhit oond tot 200 °C. Plaas water en botter in ’n kastrol. Bring tot kookpunt.

Choux-poffers gevul met roomys en sjokolade-nougatsous stap 1 Stap 1

Stap 2. Voeg nou meel en sout gelyktydig by die kokende botterwater en roer met ’n houtlepel tot ’n pasta vorm. Die mengsel moenie meer aan die bodem en kante van die kastrol vassit nie. Haal kastrol van hitte af en laat sowat 5 minute afkoel.

stap 2 Stap 2

Stap 3. Voeg eiers een vir een by en klop ná elke byvoeging goed met houtlepel.

stap 3 Stap 3

Stap 4. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Skep eetlepels vol van die meelmengsel op die bakpapier. Plaas in oond en bak 25 minute. Prik poffers met ’n skerp mes of stokkie en bak nog 10 – 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas nougat, room en sjokolade in ’n kastrol. Plaas op baie lae hitte en roer nou en dan tot alles gesmelt het. Sny poffers oop en skep ’n groot lepel roomys in. Plaas op opdienbord en gooi sjokoladesous oor. Sit dadelik voor.

stap 4 Stap 4