(4 porsies)

  1. 1 Franse brood, in snye gesny
  2. 100 ml olyfolie
  3. 8 minute-steaks
  4. 1 soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  5. 250 g wit sampioene, in klein blokkies gesny
  6. sap en skil van 1 suurlemoen asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit roosterelement van oond. Sit snye Franse brood op 'n bakplaat en rooster weerskante. Verhit sowat 30 ml van olyfolie in pan en braai steaks weerskante - sowat 2 minute aan elke kant. Verhit nog 30 ml van olyfolie en braai soetrissie en sampioene tot sag in ander pan. Geur steaks met sout en peper en gooi suurlemoensap oor. Geur soetrissie en sampioene met sout en peper. Halveer die steaks en sit 'n stuk op elke sny brood. Skep van soetrissies en sampioene bo-op. Sny suurlemoenskil in dun repies en plaas bo-op. Sit voor saam met res van olyfolie, wat elkeen self bo-op kan sprinkel. Ekstra: Plaas 'n dun sny cheddarkaas bo-op en laat smelt onder oond se roosterelement.