(6 - 8 porsies)

  • 300 g (360 ml) strooisuiker
  • 2 blikke (385 g elk) kondensmelk
  • 500 ml room
  • 6 eiers
  • 2 houers (175 g elk) Bulgaarse jogurt

Verhit oond tot 170 °C. Smelt strooisuiker oor lae temperatuur in 'n kleefvrye pan terwyl jy elke nou en dan roer. Wanneer die suiker begin smelt, sal dit donkerder word. Onthou, wees versigtig, want gesmelte suiker kan jou lelik brand. Wanneer dit 'n mooi karamelkleur het, gooi dit onmiddellik in 'n ronde bak van sowat 20 cm in deursnee. Draai die bak sodat van die

karamel teen die kante oploop. Klits res van bestanddele goed en gooi in bak. Plaas bak in oondroosterpan en vul pan met kookwater tot dit so helfte van die bak bereik. Sit in warm oond en bak vir sowat 45 minute - 1 uur of tot gestol. Haal uit en laat eers afkoel. Plaas dan vir minstens 2 uur in die yskas voor jy dit voorsit.