'n Lekker kombinasie saam met die melktert vir nagereg. Dis tipies Suid Afrikaans.

9 Blokkies

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 2 ml koeksoda
  • 2 ml sout
  • 100 g (315 ml) hawermout
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 200 g (220 ml) botter
  • 1 eier
  • 60 ml melk

Sif meel, koeksoda en sout saam in mengbak. Voeg hawermout en suiker by en meng. Vryf botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam en voeg by meelmengsel. Meng tot deeg. Maak toe met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir 30 minute. Maak vulsel.

  • 250 g dadels
  • 50 ml water
  • 25 ml lemoensap
  • 5 ml fyngerasperde lemoenskil
  • 100 g (125 ml) suiker

Verhit oond tot 180 °C. Sny dadels in blokkies en plaas al die bestanddele saam in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt en laat kook tot sag. Laat afkoel. Gebruik nou driekwart van die deeg en rol taamlik dik uit op meelbestrooide oppervlak. Voer ‘n uitgevoerde en gesmeerde vierkantige pan van sowat 20 x 20 cm uit met deeg (net die bodem van die pan). Smeer die afgekoelde dadelmengsel boop. Rasper die res van die deeg bo-op. Plaas in warm oond en bak 45 minute. Haal uit en sny onmiddellik in 9 blokke. Laat afkoel in pannetjie. Haal versigtig uit en sif bietjie versiersuiker oor. Sit voor met geklopte room.