As die suikerlus jou oor die naweek beetkry, bak hierdie heerlike brownies – ons wys jou stap vir stap hoe!

• 350 g donkersjokolade

• 250 g (270 ml) botter

• 3 eiers

• 250 g (315 ml) bruinsuiker

• 100 g (180 ml) koekmeel

• 5 ml bakpoeier

• 100 g pekanneute, grofgekap

1. Verhit oond tot 170 °C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Sny bakpapier in ’n strook van 10 x 35 cm. Plaas onderin vierkantige 22 cm-koekpan. Dit dien as handvatsels om brownies makliker uit pan te haal. Voer nou die kante en bodem van die pan met bakpapier uit.

Stap 1 Stap 1

2. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Sit sjokolade en botter in ’n bak wat bo-op die kastrol pas. Plaas bak bo-op kastrol, maar maak seker die water raak nie aan die bak nie. Skakel plaat af en smelt sjokolade en botter saam. Roer net so af en toe.

Stap 2 Stap 2

3. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Vou gesmelte sjokolademengsel by eiermengsel in.

Stap 3 Stap 3

4. Sif droë bestanddele saam en vou by mengsel in. Vou neute by en gooi mengsel in koekpan. Plaas in oond en bak vir 50-55 minute. Daar sal ’n brosserige lagie bo-op vorm en die koek sal dalk vir jou nog effens rou lyk. Dít is wat brownies so lekker klam maak. As jy regtig onseker is, bak verder vir nog sowat 5 minute.

Stap 4 Stap 4

5. Laat vir rukkie in pan afkoel en haal versigtig uit. Sny in blokke.

Stap 5 Stap 5