(2 porsies)

  • 2 camembert-kase
  • 125 ml koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • 150 ml droë broodkrummels
  • sowat 300 ml sonneblomolie
  • 2 groot hande vol pietersielie
  • 2 skywe geblikte bosbessie-jellie (cranberry jelly)

Rol albei kase in die meel. Doop hulle in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Maak seker die broodkrummels bedek die kaas heeltemal. Herhaal die proses nog 2 keer. Verhit die olie in ’n kastrol. Gooi die pietersielie in die olie en wanneer dit binne sowat 1 minuut bros (nie bruin nie) gebraai is (kyk op die foto hoe dit moet lyk), is jou olie reg vir die kaas. Dreineer die pietersielie op kombuispapier. Sit die kaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin. Dit sal so 2 – 3 minute duur. Dreineer die kaas op kombuispapier. Plaas op ’n bord met ’n skyf bosbessie-jellie bo-op. Garneer met die gebraaide pietersielie en sit dadelik voor.