(24 doughnuts)

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 30 ml kanola-olie
  • 2 eiers, geskei
  • 150 ml melk
  • 30 ml heuning
  • 55 g (125 ml) strooisuiker
  • 20 ml kaneel

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in middelslagmengbak. Meng vanielje, olie, eiergele, melk en heuning saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed met houtlepel. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by mengsel in. Verhit doughnut-pan tot warm. Spuit goed met kleefwerende kossproei.Skep lepels vol van beslag in die pan en braai tot goudbruin en bros, sowat 3 – 5 minute. Meng strooisuiker en kaneel saam. Rol warm doughnuts in suikermengsel. Sit voor met jogurt van jou keuse.

Wenk

As jy nie ’n doughnut-pan het nie, kan jy die oond verhit tot 220 °C. Plaas ’n standaard-muffinpan daarin en maak warm vir 10 minute. Verwyder uit oond en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep dan 2 lepels van die beslag in elk van die 12 holtes van die pan en bak vir 5 – 8 minute.