(10 - 12 porsies)

  • 2 Madeira-koeke
  • 500 ml room
  • 200 g 70%-donkersjokolade, in stukke gebreek
  • 300 g witsjokolade, in stukke gebreek
  • 300 g melksjokolade, in stukke gebreek
  • kakao, om oor te sif

Voer 'n broodpan van 25 x 10 cm met kleefplastiek uit. Sny koeke in lengte in baie dun snye. Voer bodem van pan met 'n laag koek uit. Verhit 250 ml van room tot net voor kookpunt. Gooi warm room oor donkersjokolade en roer tot gesmelt. Gooi mengsel bo-op koeklaag. Plaas in yskas. Plaas witsjokolade en 125 ml van die room saam in 'n bak wat oor 'n kastrol met kookwater pas. Laat smelt. Plaas bak in yskas en laat afkoel. Klop mengsel tot effens dik. Haal broodpanuit yskas en pak nog 'n laag koek. Smeer witsjokolademengsel daaroor. Doen presies dieselfde as wat jy met witsjokolade gedoen het ook met koek en melksjokolade. Maak pan toe met kleefplastiek en plaas in yskas, verkieslik oornag. Keer uit en draai om sodat melksjokolade bo is. Sif kakao oor en sit voor.