Beïndruk jou gaste met dié een! Dis maklik om self die horinkie te maak. Jy kan roomys of selfs lepels vol sjokolade-mousse daarin voorsit.

  • 10 velle fillodeeg
  • 60 ml kanola-olie

Stap 1. Verhit oond tot 180 ºC. Plaas 6 velle fillodeeg bo-op mekaar. Gebruik ’n ronde 15 cm-koekiedrukker en sny sirkels uit die deeg. Jy kan op een slag deur al die velle deeg sny.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Verf sirkels met kanola-olie. Hou die sirkels wat jy nog nie geverf het nie onder 'n skoon, klam kombuisdoek, want dit droog baie vinnig uit.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Plaas geverfde deegsirkels bo-op mekaar. jy gebruik 3 sirkels per horinkie.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Rol om metaalhorinkie wat met kleefwerende kossproei gespuit is. plaas op bakplaat met die soom na onder. Bak vir 12 minute of tot bruin. Laat afkoel en verwyder van metaal.

Stap 4 Stap 4