6 porsies

  • 80 g (100 ml) suiker
  • 50 g (90 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 125 ml koue melk
  • 625 ml louwarm melk
  • 3 eiers, geskei
  • 40 g (40 ml) botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 25 ml gladde appelkooskonfyt

  1. Verhit oond tot 180 ºC. Meng 40 g van die suiker, die meel en sout met koue melk totdat ’n gladde pasta vorm. Voeg dit by louwarm melk en plaas op ’n stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy aanhou roer en laat effens verdik. Voeg eiergele by. Klits goed. Verhit tot net by kookpunt terwyl jy roer. Roer botter en vanieljegeursel by.
  2. Skep in ’n gesmeerde bak van sowat 20 x 10 cm. Stip met appelkooskonfyt.
  3. Klits eierwitte totdat sagte punte vorm en voeg res van suiker by. Klits verder tot stywe punte vorm. Skep dit bo-op poeding en bak tot meringue-punte bruin word.