Frambose en karringmelk is albei taamlik suur, en daaromhet ek vir hierdie resep die karringmelk gehalveer en melk bygevoeg. Die eindresultaat is heerlik.

Genoeg vir 4 – 6

• 45 g (50 ml) botter

• 280 g (350 ml) suiker

• 10 ml vanieljegeursel

• 4 eiers

• 240 g (430 ml) koekmeel

• 10 ml bakpoeier

• knippie sout

• 240 ml karringmelk

• 250 ml melk

• 1 x 350 g-boks bevrore frambose

• versiersuiker om oor te sif

• 250 ml room

Verhit oond tot 180 °C. room botter en suiker goed saam in elektriese menger se mengbak. voeg vanieljegeursel en eiers by en klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam. voeg meelmengsel om die beurt met die karringmelk en die melk by die eiermengsel. Klits goed ná elke byvoeging. gooi mengsel in ’n gesmeerde ronde oondbak met ’n deursnee van sowat 20 cm. rangskik helfte van die bevrore frambose bo-op. Terwyl die poeding in die oond bak, sal die frambose ondertoe sak. Plaas in oond en bak sowat 45 minute – 1 uur. Haal uit en sif ’n bietjie versiersuiker oor. rangskik res van frambose

bo-op en sit voor met room.