Ja, dit is moontlik, jy kan self roomys binne minute maak!

Genoeg vir 6 – 8

  • 2 x 400 g-pakke bevrore frambose
  • 1 x 250 ml-houer dubbeldik rooM
  • 1 hand vol kruisementblare
  • 65 g (80 ml) strooisuiker
  • warm water

Plaas frambose, room, kruisement en suiker in voedselverwerker met metaallem (dit moet die plat, ronde verwerkers wees met die los deksels). Verwerk op hoë spoed tot mengsel soos dik roomys begin lyk. As dit lyk of die frambose te hard gevries is, gooi ’n klein bietjie warm water by terwyl menger loop. Sit dadelik voor of skep in roomysbak en vries.