(4 porsies)

  • 15 ml botter
  • 350 g murgpampoentjies, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • 250 g ricotta-kaas
  • 100 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit oond tot 180 °C. Smeer 'n 23 cm-oondbak met botter. Smelt botter in 'n pan en braai murgpampoentjies vir sowat 2 minute. Geur met sout en swartpeper. Klits eiers en melk saam. Geur met sout en swartpeper. Voeg kase by eiermengsel. Meng goed. Plaas gebraaide murgpampoentjies in oondbak. Gooi mengsel oor en bak vir 15 minute. Skakel roosterelement van oond aan en rooster vir 5 minute.