genoeg vir sowat 24

• 125 g (135 ml) botter

• 100 g (125 ml) strooisuiker

• 150 ml gouestroop

• 5 ml vanieljegeursel

• knippie sout

• 200 g (360 ml) koekmeel (ekstra vir uitrol)

• 50 g kakaopoeier

• 1 x 100 g-sakkie fyn amandels

Vulsel

• 125 ml room

• 200 g donkersjokolade, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker, stroop en vanielje met ’n elektriese menger tot lig en romerig in ’n middelslag-mengbak. Voeg sout, meel, kakao en amandels by.Meng tot ’n sagte deeg.Draai in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ronde 5 cmkoekiedrukker en sny 40 koekies uit. Gebruik ’n kleiner 3 cm-drukker en sny gaatjies in 20 koekies. Plaas elke deegsirkel met gaatjie in bo-op ’n ongesnyde sirkel en druk stewig vas. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Plaas koekies op plaat en bak vir 10 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel.

Vulsel

Bring room tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Skep ’n lepel vol van die mengsel in holte van elke koekie. Laat stol in yskas vir 30 minute.