(4 porsies)

  • 8 groot aartappels (sowat 250 g elk)600 g growwe seesout
  • 105 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, grofgekap
  • 25 g dennepitte
  • 120 g roket (hou ’n paar heel blare eenkant)
  • 140 g botter, saggemaak
  • sout en rooipeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Was die aartappels, droog af en sit hulle in ’n oondvaste skottel bo-op ’n dik laag growwe seesout. Borsel met 90 ml van die olyfolie en bak vir 80 minute op die tweedelaagste oondrak. Braai die knoffel en die dennepitte in die res van die olyfolie tot goudbruin. Meng dit met die roket en botter in jou voedselverwerker tot ’n fyn pasta. Geur met sout en rooipeper. Breek die gebakte aartappels met ’n vurk oop, sprinkel seesout oor en stip met die roket-botter. Garneer met heel roketblare