Salig soet en maklik om te maak. Jy kan ook vla saam voorsit.

(Genoeg vir 6)

  • 6 granny smith- groen appels
  • 75 g (90 ml) botter
  • sowat 10 ml fyn kaneel
  • 70 g (90 ml) suiker
  • 2 eierwitte
  • 50 g (60 ml) strooisuiker

Verhit oond tot 180 °C. Ontklok die appels, m.a.w. haal die pitgedeelte van die appel uit met ’n appelboor. Plaas appels in oondbraaibak. Plaas ’n groot stuk botter in die opening en sprinkel kaneel en suiker bo-op. Plaas in oond en bak tot appels sag is – dit sal sowat 35 minute duur, na gelang van hoe groot die appels is. Klits intussen die eierwitte tot stywe-punt-stadium (sien kassie op die web - "Só klits jy eierwitte styf") met ’n elektriese menger. Voeg strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy heeltyd klits. Haal appels uit oond en skep meringue bo-op. Plaas terug in oond en bak verder tot meringue begin verbruin. Haal uit en sit warm voor.