2 porsies

  • 2 rooi appels, stronke verwyder
  • 60 ml botter
  • 60 ml suiker
  • 5 ml fyn kaneel

Verhit oond tot 180 °C. Sny ’n kepie net deur die skil van elke appel, so 2 cm van bo, reg rondom. Dit keer dat hulle bars. Plaas appels in ’n oondvaste bak. Druk helfte van botter in middel van appels in. Sprinkel suiker oor en stip res van botter om appels. Sprinkel kaneel oor. Bak vir 30 – 40 minute. Bedruip appels elke nou en dan met die stroop wat vorm. Sit warm voor met tuisgemaakte vla.