(4 - 6 porsies)

  • 3 groot kwepers
  • sap van 1 suurlemoen
  • 80 g (90 ml) botter
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 50 ml water

Verhit oond tot 180 °C. Was en vryf donse van die kwepers af. Sny kwepers in kwarte en plaas in 'n oondroosterpan. Gooi onmiddellik suurlemoensap oor. Stip die kwepers met botter en strooi suiker oor. Gooi water in bak en plaas in warm oond. Bak vir sowat 1½ uur tot sag. Draai kwepers so elke nou en dan om. Sit voor saam met lamskenkels.

Wenk: Suurlemoensap keer dat die kwepers bruin word.