Koop by die winkel klaargemaakte ravioli met verskillende vulsels. Ryg op stokkies en braai bros in olie. Maklik!

genoeg vir 6

• 3 soorte winkel-ravioli van jou keuse (bv. vleis-, kaas- en groentevulsel)

• 25 hout-kebabstokkies

• olie vir diepbraai

• mayonnaise, vir voorsit

Ryg 3 ravioli’s op elke stokkie. Verhit olie in middelslag-pot tot warm. Diepbraai kebabs vir 3 – 5 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit voor met mayonnaise.