6 porsies

  • 8 vye, gehalveer
  • 6 hout-kebabstokkies
  • 60 ml bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 45 ml heuning
  • 45 ml water
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 10 ml rooswater
  • 50 g pistasieneute, fyngekap
  • 100 g granaatpitte

Ryg vye op kebabstokkies in. Plaas suiker, vanielje, heuning en water in middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor lae hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Kry kole reg tot medium-warm. Verf vye se gesnyde kant met heuning-mengsel. Plaas met gesnyde kant na onder op warm kole. Braai vir sowat 3 – 5 minute of tot lekker goudbruin. Verf nog van die heuning-mengsel op die agterkant van vye en draai om. Braai vir nog 1 minuut. Verwyder van hitte. Meng jogurt, rooswater en pistasieneute. Plaas vye op bord en strooi granaat-pitte oor. Sit voor met die jogurtmengsel.