Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• 10 gemarineerde artisjokkwarte

• 50 g gemarineerde soetrissies

• 6 vars basiliekruidblare, grofgeskeur

• olyfolie om oor te sprinkel

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarellakaas bo-op. Rangskik artisjokkwarte en soetrissies bo-op. Sprinkel basiliekruidblare bo-op. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute.