(sowat 40 koekies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 420 g (250 ml) strooisuiker
  • 2,5 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • knippie sout
  • 10 ml fyn gemmer
  • 125 g (135 ml) botter (by kamertemperatuur)
  • 1 eier
  • 5 ml gouestroop

Verhit oond tot 180 °C en sit die oondrak op die middelste rak. Sif meel, strooisuiker, koeksoda, kaneel, sout en gemmer saam. Vryf botter in met jou hande tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eier en gouestroop saam. Meng met droë bestanddele tot dit 'n deeg vorm. Dit gaan vir jou lyk of dit nooit 'n deeg gaan vorm nie, maar dit sál. Vorm klein balletjies en pak op 'n bakplaat wat uitgevoer en gesmeer is. Plaas die koekies 'n entjie uit mekaar, want hulle gaan plat rys. Bak vir sowat 15 minute. Haal uit die oond en maak die koekies los van die bakplaat. Laat op die

bakplaat afkoel.

Wenk: As jou oond geneig is om koekies onder te laat aanbrand, sit 'n tweede bakplaat onder die een met die koekies.