Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• olyfolie om oor te sprinkel

• 100 g gerookte forel

• 60 ml roomkaas

• 15 ml kappertjiesade

• hand vol bronkors (water cress)

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 vars suurlemoenwiggies

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel kaas bo-op en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit oond en plaas forel in middel van pizza. Skep roomkaas rondom forel en sprinkel kappertjiesade bo-op. Plaas bronkors boop en geur met sout en peper. Sit voor met vars suurlemoenwiggies.