(4 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Plaas 500 g gesnyde botterskorsie op ’n bakplaat en sprinkel 30 ml olyfolie oor. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Oondbraai botterskorsie in warm oond vir sowat 30 minute tot sag. Hou eenkant. Rol 500 g winkel-brooddeeg uit en plaas op ander bakplaat. Sny 300 g mozzarella-kaas in skywe en pak op deeg. Halveer 200 g klein rosa-tamaties en pak saam met botterskorsie bo-op. Rangskik sowat 10 vars basilieblare boop en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sprinkel 30 ml olyfolie oor en plaas terug in oond. Bak sowat 30 minute. Sit warm voor.