(4 porsies)

  • 1 kg aartappels, geskil en in groot blokke gesny
  • skil van 1 suurlemoen
  • hand vol vars basiliekruidblare
  • 1 heel knoffelbol (maak die huisies los en verwyder die skil)
  • 100 g botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 heel hoender
  • 1 suurlemoen, in kwarte gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 250 g repiespek, in blokkies gesny
  • 250 ml witwyn (of hoender-aftreksel)

Verhit jou oond tot 200 °C. Kook die aartappel-blokke vir 5 minute. Dreineer en laat eenkant staan. Kap die suurlemoenskil, basiliekruid-blare en knoffel in jou voedselverwerker fyn. Voeg die botter by en geur met sout en swartpeper. Maak die vel van die hoender los en vul die hoender met die mengsel. Plaas die suurlemoen-kwarte ook binne-in die hoender. Bind die hoenderbene vas met kombuistou. Gooi die olyfolie in ’n groot oondroosterbak. Pak die aartappels en spek onderin. Plaas die hoender bo-op en geur met sout en swartpeper. Gooi die wyn of hoender-aftreksel oor en plaas in die oond. Rooster vir 1 uur en 30 minute. Skep nou en dan van die vloeistof oor die hoender. Sit voor saam met groenslaai.