8 porsies

Porsiegrootte:

1 skeppie

  • 250 g aarbeie
  • 250 g rabarber  (± 350 g met skil)
  • 75 – 100 ml kookwater
  • 50 ml aarbeistroop
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 150 g Boudoir-koekies
  • 60 ml lemoenlikeur of wit muskadel
  • 250 g laevet-roomkaas
  • 250 ml gladde, ongegeurde laevet-maaskaas
  • 250 ml ricotta-kaas
  • 5 ml vanieljegeursel

Bolaag

  • 150 g aarbeie, in skyfies gesny
  • 30 g gekapte pistasieneute

Was aarbeie, sny stingel-gedeeltes af en sny aarbeie in skyfies. Hou in yskas tot benodig. Was, skil en sny rabarber in 2 cm-stukkies. Kook rabarber en ± 75 ml water vir 3 – 5 minute tot sag. Dreineer en voeg aarbeistroop by terwyl rabarber nog warm is. Meng rabarber, aarbeiskyfies en 50 g van die suiker. Laat afkoel. Voer ’n 20 x 20 cm-bak uit met helfte van koekies en besprinkel met 30 ml likeur of muskadel. Smeer helfte van aarbeimengsel op koekies en vee gelyk. Meng roomkaas, maaskaas, ricotta-kaas, vanieljegeursel en res van suiker tot glad. Skep helfte van kaasmengsel bo-op aarbeimengsel en vee gelyk. Herhaal pakproses. Versier met 150 g aarbeiskyfies en sprinkel gekapte pistasie-neute oor. Verkoel vir minstens 1 uur voordat jy dit voorsit. Die tiramisu kan ook in individuele glasbakkies of langsteelglase gepak word.

Porsies

Dit voel darem na effe té groot porsies as ’n mens dit in net 4 verdeel, soos in die oorspronklike! Die voedingstof-analise spreek vanself, veral die vetinhoud.

Vetinhoud

Ek het eintlik net aan die vetinhoud verander. Dié resep is ’n verfrissende idee vir die warm somermaande.

Vergelyking van voedingstof-analise per

RESEPENERGIEKOOLHIDRATEPROTEIENEVETCHOLESTEROL
Oorspronklik2354 kJ45.4 g7.7 g38.1 g118 mg
Aangepas1284 kJ30.0 g11.5 g14.0 g40 mg