• 500 g gemengde droëvrugte
  • 500 ml water
  • 45 ml suiker
  • 1 kaneelstok

Plaas al die bestanddele in 'n middelslag-pot en laat prut vir sowat 20 minute tot vrugte sag is. Sit warm voor saam met vla.