• 537 g droëvrugtekoekmengsel
  • 100 g Moir’s-glanskersies, in die helfte gesny
  • 50 g gepelde amandels, grofgekap
  • 25 ml gekapte gemmerkonfyt
  • 4 droëvye, grofgekap
  • 4 eiers
  • 100 g suiker
  • 125 ml gouestroop
  • 75 ml whiskey
  • 5 ml Moir’s-vanieljegeursel
  • 250 g koekmeel
  • 5 ml Moir’s-bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2,5 ml Moir’s-koeksoda
  • 15 ml gemengde speserye
  • 5 ml gemmer
  • 250 g wit margarien
  • 1 appel, gerasper
  • 60 g sagte broodkrummels

Meng die droëvrugtekoekmengsel, glanskersies, amandels, gemmerkonfyt en droëvye. Klits die eiers en suiker saam en voeg die gouestroop, whiskey en vanieljegeursel by. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien in. Voeg die gerasperde appel en broodkrummels by en meng goed. Roer die eiermengsel by, gevolg deur die droëvrugtemengsel. Smeer die bak waarin jy jou poeding gaan stoom goed met botter en vul ¾ met die poedingbeslag. Bedek die poeding met foelie om 'n deksel te vorm en bind goed vas met tou. Plaas 'n bord in 'n diep kastrol, vul 'n derde met kookwater en sit die poeding in sodra die water kook. Sit die deksel op en kook stadig vir 3 uur. Lig die deksel ná 2 uur om seker te maak daar is nog genoeg water in die kastrol. Laat effens afkoel voor jy dit uitkeer. Sit voor met whiskeyroom (1 houer marscarpone en 15 ml whiskey gemeng en goed geklop).