• 250 ml suiker
  • 300 ml water
  • 500 ml granaatsap of vrugtesap van jou keuse

Kook suiker en water saam totdat suiker opgelos is. Laat afkoel en gooi in ’n metaalhouer saam met die sap. Meng goed. Laat vries oornag in vrieskas. Skraap granita met ’n vurk en sit dadelik voor.