Basiese vanieljeryspoeding

(genoeg vir 4)

gaarmaaktyd: 15 – 20 minute

  • 215 g (250 ml) arborio-rys
  • 2 x 400 ml-blikke klappermelk
  • 200 ml water
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 50 g (60 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap, of 10 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele saam in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor medium hitte terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel. Verlaag hitte tot stadige prut en kook mengsel sowat 15 – 20 minute of tot rys sag en romerig is. Roer elke 3 minute. Verwyder

Grenadella en meringue

Onder ’n bros wolk skuil die heerlikste ryspoeding.

(genoeg vir 4)

baktyd: 10 minute

  • 1 x basiese ryspoeding (sien resep BO)
  • 4 grenadellas, moes uitgekrap
  • 3 eierwitte
  • 125 ml strooisuiker

Verhit oond tot 180 °C. Meng gaar ryspoeding met 2/3 van die grenadellamoes. Skep in ’n oondvaste bak met volume van 1 000 ml. Plaas eierwitte in mengbak en klits op hoë spoed tot sagte punte vorm. Gooi suiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Skep bo-op ryspoeding en plaas in warm oond. Bak 8 – 10 minute of tot goudbruin. Verwyder uit oond en gooi oorblywende grenadellamoes oor. Sit voor.