(20 helftes)

  • 250 ml grenadella-pulp (sowat 10 grenadellas), hou halwe doppe vir voorsit
  • 150 g (190 ml) suiker
  • 125 ml laervet-room
  • 4 eiers, geskei
  • 1 heel eier
  • 1 x 200 g-sakkie brosbrood
  • 160 g (190 ml) strooisuiker

Sit grenadella-pulp, suiker en room in 'n voedselverwerker. Verwerk vir 2 minute. Gooi mengsel deur 'n sif om pitte uit te kry. Skep een eetlepel pitte terug in gedreineerde mengsel. Voeg eiergele en heel eier by en meng goed. Sit mengsel in 'n mediumgroot pot oor lae hitte. Gebruik 'n draadklitser en klits tot mengsel verdik. Sodra mengsel dik is, gooi uit warm pot. Sit kleefplastiek direk op mengsel en laat afkoel. Breek brosbrood in growwe stukke en verdeel tussen grenadelladoppe. Maak doppe vol tot bo met afgekoelde mengsel. Klits eierwitte met elektriese menger tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en glad. Skep lepels vol van meringue bo-op die mengsel in elke grenadella-dop. Brand bruin met blaasvlam of rooster onder oondelement.

As jy dit nie in grenadellahelftes wil voorsit nie, kan jy dit ook in klein bakkies van jou keuse doen. Sit net meer brosbrood in elke bakkie.