Lus vir iets ligs en maklik? Probeer hierdie quiche – die geheim is die kors, dis ’n trio van Kellogg's. 

kelloggstag genoeg vir 8 Kors 

• 250 ml Kellogg’s Special K, fyngemaal

• 250 ml Kellogg’s Corn Flakes, fyngemaal

• 250 ml Kellogg’s All-Bran, fyngemaal

• 250 ml sterk cheddarkaas, gerasper

• 100 ml gesmelte botter

• 1 eier

Vulsel

• 30 ml olyfolie

• 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

• 8 murgpampoentjies, in skyfies gesny

Vlamengsel

• 250 ml romerige jogurt

• 2 eiers

• 1 eiergeel

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

• 250 ml mozzarella-kaas, gerasper

Verhit oond tot 180 °C.

Kors

Meng al die korsbestanddele. Spuit 20 x 15 cm-losboom-quichepan met kleefwerende kossproei. Gebruik vingerpunte en druk die korsmengsel in die pan tot eweredig bedek.

Vulsel

Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Roerbraai groente vir 5 – 8 minute tot groente gaar maar nie pap nie is.

Vla-mengsel

Meng vla-bestanddele en gooi in pan wat met korsdeeg uitgevoer is. Pak groente bo-op vla-mengsel. Geur goed met sout en peper. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel tot louwarm en sit voor.