Die hemelse koekies van kosskrywer Errieda du Toit het ’n bros tekstuur

(6 groot koekies)

Verhit oond tot 180 °C. Meng 250 ml growwe grondboontjiebotter met 200 g (250 ml) witsuiker. Voeg 1 eier by en meng goed. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Verdeel deeg in 6 porsies en rol elk in ’n ronde bal tussen jou hande.Druk effens plat met vurk. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin. Sit voor.