• 140 g (150 ml) botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 350 ml broodkrummels
  • 150 g mozzarella-kaas, in stukke gesny
  • hand vol basiliekruid, grof gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 groot sampioene

Verhit oond tot 200 °C. Smelt sowat 30 ml van botter en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Smelt res van botter apart. Voeg dit, broodkrummels, kaas en basiliekruid by uie. Geur met sout en swartpeper. Plaas sampioene in oondbak en pak vulsel bo-op. Bak vir 20 minute tot net sag en effens bruin bo-op. Sit warm voor.