Om ’n soufflé te maak is nie so moeilik soos almal dink nie. As jy ’n goeie witsous kan maak en eierwitte styf kan klits, kan jy soufflé maak.

Genoeg vir 4

• 30 g (35 ml) botter

• 30 g (55 ml) koekmeel

• 250 ml melk

• 4 eiergele

• 125 g gruyère-kaas, fyngerasper

• 5 eierwitte

• roket-mikrokruie

Stap 1. Vou lang dubbele stroke bakpapier wat so 3 cm hoër is as ’n standaard ramekinbakkie. Vou om 4 bakkies en maak vas met tou. Verf bakkies goed uit met gesmelte botter en hou eenkant. Verhit oond tot 180 °C. Smelt 30 g botter in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg meel by en roer om gladde pasta te maak.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Voeg melk bietjies-bietjies by terwyl jy heeltyd roer om klonte te voorkom. Hou aan roer tot sous dik is.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Wanneer sous verdik, haal kastrol van hitte af. Laat staan sowat 2 minute. Voeg eiergele by en meng goed deur. Voeg kaas by en meng goed deur tot kaas gesmelt is.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Klits eierwitte styf en vou versigtig in kaassous in. Skep in voorbereide bakkies en plaas bakkies op ’n bakplaat. Plaas in oond en bak 25 – 30 minute. Haal uit en sprinkel mikrokruie oor. Sit dadelik voor.

Stap 4 Stap 4