(sowat 12 koekies)

Baktyd: 12 – 15 minute

  • 140 g donkersjokolade, fyngekap
  • 170 g (185 ml) botter
  • 4 eiers
  • 170 g (210 ml) bruinsuiker
  • 60 g (120 ml) rysmeel
  • 60 g haselneute, fyngemaal
  • 60 g (125 ml) sjokoladesplinters
  • 50 g pekanneute, fyngekap

Vulsel

  • 200 g botter
  • 100 g witsjokolade, gesmelt en effens afgekoel

Smelt sjokolade en botter saam in bak oor pot met kookwater. Verwyder van hitte en voeg res van bestanddele by. Plaas in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 180 °C. Spuit 12 holtes van standaard-muffinpan met kleefwerende kossproei. Verdeel beslag tussen holtes – so 1 cm beslag per holte. Bak 12 – 15 minute of tot gaar. Laat afkoel en keer uit.

Vulsel

Room botter in elektriese menger tot lig en romerig. Gooi sjokolade by terwyl jy klits. Plaas in yskas tot gestol. Skep lepels vol op helfte van koekies en plaas ander helfte bo-op. Sit voor.