(sowat 25 - 30 koekies)

  • 100 g botter
  • 160 g (250 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 100 g (250 ml) klapper
  • 260 g (375 ml) koekmeel
  • 100 g (250 ml) hawermout
  • 5 ml koeksoda

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter en bruinsuiker in 'n mediumgroot pot oor lae hitte. Verwyder van plaat en laat effens afkoel. Gooi in 'n groot mengbak en voeg eiers by. Meng goed. Voeg res van bestanddele by en meng tot 'n sagte deeg. Rol in klein balletjies van sowat 25 g elk. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat met sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vingers. Bak vir 12 - 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.