(8 porsies)

  • 3 snye bruinbrood
  • 250 ml melk
  • 500 g maalvleis
  • 500 g varkmaalvleis
  • 250 ml gaar haricot-bone
  • 1 eier, geklits
  • 1 middelslag-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 25 ml worcestersous
  • 50 ml blatjang
  • 10 aartappels, geskil
  • 50 ml botter
  • 25 ml warm melk

Vehit oond tot 180 ºC. Week brood in melk tot sag. Druk fyn. Meng al die bestanddele behalwe blatjang, aartappels, botter en melk. Geur met sout en peper. Jy kan verskillende grootte bakkies gebruik of net een groot bak. Plaas in warm oond en bak vir 1 uur. Kook intussen aartappels tot sag. Druk fyn en voeg die botter by. Meng goed. Voeg warmmelk by en geur met sout en peper. Haal herderspastei uit oond en smeer blatjang oor. Skep kapokaartappels bo-op en plaas terug in oond. Bak tot bruin bo-op.