(6 – 8 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 200 g tamatiepasta
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 1 x 410 g-blik kersietamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 45 ml origanum, gekap
  • hand vol pietersielie, gekap
  • 200 g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper patat-bolaag
  • 3 patats, in dun, ronde skywe gesny
  • 1 eier, geklits
  • 15 ml kaneel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie tot warm in middelslagpot. Voeg ui en knoffel by. Braai sowat 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatiepasta by en braai vir 2 minute. Voeg maalvleis by en braai nog 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg tamaties, rooiwyn, origanum en pietersielie by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 25 – 35 minute. Voeg ertjies by en kook 2 – 3 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in groot oondvaste bak.

Patat-bolaag

Pak patat bo-op. Verf met geklitste eier. Geur goed. Sprinkel kaneel oor en sit in warm oond. Bak 30 – 40 minute of tot bolaag goudbruin en bros is. Sit warm voor.